Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 19:28-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe.

29. Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag:

30. “Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar 'n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier.

31. En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.”

32. Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê het.

33. Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die donkie los?”

34. Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 19