Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:9-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. 'n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe?

10. So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”

11. Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan.

12. Net toe Hy 'n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op 'n afstand staan

13. en roep hard: “Jesus, Here, ontferm U oor ons!”

14. Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.”Op pad daarheen het hulle gesond geword.

15. En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys.

16. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was 'n Samaritaan.

17. Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan?

18. Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?”

19. En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.”

20. Toe die Fariseërs vir Jesus vra wanneer die koninkryk van God dan kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koms van die koninkryk van God kan nie uit voortekens bereken word nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 17