Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:28-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. In die tyd van Lot het dit ook net so gegaan: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink, gekoop en verkoop, geplant en gebou.

29. Maar op die dag toe Lot Sodom verlaat het, het vuur en swael uit die hemel gereën, en dit het almal uitgewis.

30. Net so sal dit ook gaan op die dag wanneer die Seun van die mens verskyn.

31. “Dan moet die man wat op die dakstoep sit, nie ingaan om sy besittings in die huis te gryp nie. Net so moet ook die man wat op die land is, nie omdraai huis toe nie.

32. Onthou wat met die vrou van Lot gebeur het!

33. Elkeen wat sy lewe probeer behou, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou.

34. Ek sê vir julle: Dan sal twee mense op een bed slaap, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.

35. Twee vroue sal koring maal, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.”

37. Toe vra hulle Hom: “Waar, Here?”Hy sê vir hulle: “Waar aas lê, daar sal aasvoëls ook bymekaarkom.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 17