Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:2-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word.

3. Wees dus self op julle hoede.“As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom.

4. Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”

5. Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.”

6. Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.

7. “Sê nou een van julle het 'n slaaf wat ploeg of vee oppas. Sal hy vir die slaaf sê as hy van die veld af inkom: ‘Kom eet eers gou’?

8. Natuurlik nie! Maar hy sal vir hom sê: ‘Maak vir my iets klaar vir aandete. Sit dan jou voorskoot aan en kom bedien my terwyl ek eet en drink. Daarna kan jy self eet en drink.’

9. 'n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe?

10. So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”

11. Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan.

Lees volledige hoofstuk Lukas 17