Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 14:21-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. “Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: ‘Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’

22. Later kom die slaaf sê: ‘Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.’

23. Toe sê die man vir die slaaf: ‘Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word.

24. Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.’ ”

25. 'n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle:

26. “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.

27. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.

28. “Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?

29. Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.

30. Hulle sal sê: ‘Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’

31. “Of watter koning wat met 'n ander koning in 'n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie?

32. Anders stuur hy 'n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is.

33. “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 14