Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 4:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.

7. Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.”

8. Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.

9. Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?”Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie.

10. Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 4