Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 4:49-54 Afrikaans 1983 (AFR83)

49. En toe sê die amptenaar vir Hom: “Here, kom tog voordat my kindjie sterwe.”

50. Maar Jesus sê vir hom: “Gaan maar huis toe, jou seun lewe.”Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan.

51. Toe hy nog op pad was, het sy werksmense hom al tegemoet gegaan en vertel dat sy kind lewe.

52. Hy vra hulle toe presies wanneer hy begin beter word het, en hulle antwoord hom: “Gistermiddag eenuur het die koors hom verlaat.”

53. Die pa het toe besef dat dit op dieselfde oomblik was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” En hy en sy hele huisgesin het tot geloof in Jesus gekom.

54. Dit was die tweede wonderteken wat Jesus gedoen het nadat Hy weer uit Judea na Galilea toe gekom het.

Lees volledige hoofstuk Johannes 4