Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 4:28-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê:

29. “Kom kyk, hier is 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?”

30. Die mense het toe uit die dorp uit na Jesus toe begin kom.

31. Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog 'n stukkie.”

32. Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.”

33. Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?”

34. Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.

35. Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.

36. Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe. So is die een wat saai, en die een wat oes, saam bly.

37. Hier is die gesegde waar: ‘Die een saai, en die ander een maai.’

38. Ek het julle gestuur om 'n oes in te samel waaraan julle nie gearbei het nie. Ander het gearbei, en julle pluk die vrug van hulle arbeid.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 4