Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 4:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Fariseërs het gehoor dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes. —

2. Eintlik was dit nie Jesus wat gedoop het nie, maar sy dissipels. —

3. Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan.

4. Hy moes deur Samaria gaan.

Lees volledige hoofstuk Johannes 4