Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 19:22-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Pilatus het vir hulle gesê: “Wat ek geskrywe het, het ek geskrywe.”

23. Toe die soldate Jesus dan gekruisig het, het hulle sy boklere gevat en dit in vier dele verdeel, vir elke soldaat 'n deel. Hulle het ook sy onderkleed gevat. Dit was sonder naat van bo af in een stuk geweef.

24. Hulle sê toe vir mekaar: “Ons moet dit nie skeur nie. Kom ons loot wie dit moet kry.”Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word waar dit sê:“Hulle het my klereonder mekaar verdeel,en vir my kleed het hulle geloot.”Dit is wat die soldate gedoen het.

25. By die kruis van Jesus het ook nog sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan.

26. Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.”

27. Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.”Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.

Lees volledige hoofstuk Johannes 19