Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 17:16-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie.

17. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.

18. Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur;

19. en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees.

20. “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom.

21. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

22. Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is:

23. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.

24. “Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het.

Lees volledige hoofstuk Johannes 17