Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 15:7-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

8. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”

9. “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.

10. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.

11. “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.

12. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.

13. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

14. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.

Lees volledige hoofstuk Johannes 15