Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 15:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het.

4. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.

5. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

6. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

7. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

Lees volledige hoofstuk Johannes 15