Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 15:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.

2. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

3. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het.

4. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.

5. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

6. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

Lees volledige hoofstuk Johannes 15