Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 12:40-50 Afrikaans 1983 (AFR83)

40. “God het hulle oë blind gemaaken hulle verstand laat afstompsodat hulle nie met hulle oë kan sienen met hulle verstand kan verstaanen hulle bekeeren Ek hulle gesond maak nie.”

41. Jesaja het dit gesê omdat hy die heerlikheid van die Here gesien en oor Hom gepraat het.

42. Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie;

43. want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.

44. Toe het Jesus uitgeroep: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het.

45. En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het.

46. Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.

47. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

48. Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel.

49. Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat.

50. En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 12