Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 11:9-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf uur in 'n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.

10. Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat hy nie die lig het nie.”

11. Hierna het Hy vir hulle gesê: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.”

12. Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, as hy slaap, sal hy gesond word.”

13. Jesus het van Lasarus se dood gepraat, maar hulle het gedink Hy praat van die gewone slaap.

14. Toe sê Jesus vir hulle reguit: “Lasarus is dood,

15. en om julle ontwil is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle in My kan glo. Maar kom ons gaan na hom toe.”

16. Tomas, wat ook Didimus genoem is, sê toe vir die ander dissipels: “Kom ons gaan ook, sodat ons saam met Hom kan sterwe.”

17. Toe Jesus daar kom, het Hy gevind dat Lasarus al vier dae in die graf was.

18. Betanië was naby Jerusalem, omtrent drie kilometer;

19. en baie van die Jode het na Marta en Maria toe gekom om hulle oor hulle broer te troos.

20. Toe Marta hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoet gegaan; maar Maria het in die huis bly sit.

21. Marta sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.

22. Maar selfs nou weet ek dat God U alles sal gee wat U van Hom vra.”

23. Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.”

24. Maar Marta sê vir Hom: “Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan.”

25. Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;

26. en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”

Lees volledige hoofstuk Johannes 11