Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 11:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad.

6. Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.

7. Eers daarna het Hy vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan terug na Judea toe.”

8. Die dissipels sê toe vir Hom: “Rabbi, nou die dag nog wou die Jode U stenig, en gaan U weer daarheen?”

9. Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf uur in 'n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.

10. Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat hy nie die lig het nie.”

11. Hierna het Hy vir hulle gesê: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.”

12. Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, as hy slaap, sal hy gesond word.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 11