Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 11:2-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Maria was die vrou wat met reukolie die Here gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het. Dit was haar broer Lasarus wat siek was.

3. Die susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, hy vir wie U lief is, is siek.”

4. Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie, maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.”

5. Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad.

6. Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.

7. Eers daarna het Hy vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan terug na Judea toe.”

8. Die dissipels sê toe vir Hom: “Rabbi, nou die dag nog wou die Jode U stenig, en gaan U weer daarheen?”

9. Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf uur in 'n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.

10. Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat hy nie die lig het nie.”

11. Hierna het Hy vir hulle gesê: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 11