Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 11:18-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Betanië was naby Jerusalem, omtrent drie kilometer;

19. en baie van die Jode het na Marta en Maria toe gekom om hulle oor hulle broer te troos.

20. Toe Marta hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoet gegaan; maar Maria het in die huis bly sit.

21. Marta sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.

22. Maar selfs nou weet ek dat God U alles sal gee wat U van Hom vra.”

23. Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.”

24. Maar Marta sê vir Hom: “Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan.”

25. Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;

26. en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”

Lees volledige hoofstuk Johannes 11