Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 10:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower.

2. Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder;

3. vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit.

4. Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

5. Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 10