Ou Testament

Nuwe Testament

Jakobus 4:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

11. Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.

12. Daar is egter maar een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg. Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou naaste?

13. Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.”

14. Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.

15. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”

16. Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd.

17. As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.

Lees volledige hoofstuk Jakobus 4