Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 8:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die nuwe verbond sal nie wees soos dié wat Ek met hulle voorvaders gemaak hetop die dag toe Ek hulleaan die hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie,want hulle het nie my verbond gehou nie,en Ek het hulle verwerp, sê die Here.

10. Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit,sê die Here:Ek sal hulle my wette in die verstand gee,op hulle harte sal Ek dit skrywe;Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.

11. Dan hoef niemand meersy medeburger te leer en vir sy broer te sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie.Hulle almal, klein en groot, sal My ken.

12. Oor hulle ongeregtighedesal Ek genadig wees en aan hulle sondesnooit meer dink nie.”

13. Deur van 'n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 8