Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 8:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit,sê die Here:Ek sal hulle my wette in die verstand gee,op hulle harte sal Ek dit skrywe;Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.

11. Dan hoef niemand meersy medeburger te leer en vir sy broer te sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie.Hulle almal, klein en groot, sal My ken.

12. Oor hulle ongeregtighedesal Ek genadig wees en aan hulle sondesnooit meer dink nie.”

13. Deur van 'n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 8