Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 3:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle 'n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie.

13. Maar solank daar nog 'n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.

14. Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.

15. Daarom word daar gesê:“Vandag as julle sy stem hoor,moet julle nie hardkoppig wees nie,soos julle voorvaders toe hulle in opstand gekom het.”

16. Wie was dit dan wat gehoor het en tog in opstand gekom het? Was dit nie hulle almal wat onder leiding van Moses uit Egipte getrek het nie?

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 3