Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 10:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vry maak nie.

2. As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring.

3. Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes,

4. omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.

5. Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld:“Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie,maar die liggaam wat U My gegee het.

6. Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie!

7. Toe het Ek gesê:Kyk, Ek het gekom, o God,om u wil te doen.In die boekrol is dit van My geskrywe.”

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 10