Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:53-60 Afrikaans 1983 (AFR83)

53. Julle is die mense wat deur bemiddeling van engele die wet van God ontvang het, en tog het julle dit nie gehoorsaam nie.”

54. Toe die lede van die Joodse Raad dit hoor, het hulle van woede op hulle tande gekners.

55. Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan.

56. “Kyk,” het hy gesê, “ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan.”

57. Toe het hulle hard geskreeu en hulle ore toegedruk. Soos een man het hulle op hom afgestorm,

58. hom uit die stad uitgesleep en gestenig. Die getuies het hulle klere neergesit by 'n jongman met die naam Saulus.

59. Terwyl hulle vir Stefanus stenig, het hy geroep: “Here Jesus, ontvang my gees!”

60. Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!”Met hierdie woorde het hy gesterwe.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7