Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:24-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Deur sy uiteensetting het daar party oortuig geraak, maar ander wou nie glo nie.

25. Hulle was dit nie met mekaar eens nie en het weggegaan, maar Paulus het nog eers dít vir hulle gesê: “Hoe waar is dit tog wat die Heilige Gees by monde van die profeet Jesaja vir julle voorvaders gesê het!

26. Hy het gesê:“Gaan na hierdie volk toe en sê vir hulle:Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie;en kyk en kyk en tog niks sien nie.

27. Hierdie volk se verstand is afgestomp:hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak,sodat hulle niemet hulle oë kan sienen met hulle ore kan hooren met hulle verstand verstaanen hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.

28. “Julle moet nou goed verstaan dat God se boodskap van redding na die heidennasies toe gestuur word. Húlle sal luister.”

30. Paulus het 'n volle twee jaar lank in die huis gebly wat hy gehuur het, en hy het almal ontvang wat hom kom besoek het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28