Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:18-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Hulle het my verhoor en wou my loslaat omdat daar geen rede was om my ter dood te veroordeel nie.

19. Maar omdat die Jode daarteen beswaar gemaak het, is ek gedwing om my op die keiser te beroep. Dit beteken egter nie dat ek 'n aanklag teen my volk gaan inbring nie.

20. Dit is dan die rede waarom ek u laat roep het om u te ontmoet en met u te praat. Ek is in hierdie boeie ter wille van Hom vir wie Israel verwag.”

21. Toe sê hulle vir hom: “Ons het geen briewe oor u van Judea af gekry nie, en nie een van ons broers het berig oor u gebring of iets kwaads van u gesê nie.

22. Ons wil graag hoor wat u dink, want al wat ons weet, is dat daar oral teenstand teen hierdie rigting is.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28