Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:28-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Agrippa sê toe vir Paulus: “Jy dink seker jy kan my sommer gou-gou 'n Christen maak.”

29. “Of dit nou gou-gou gebeur of langer duur,” antwoord Paulus, “ek bid God dat nie net u nie, maar almal wat vandag na my luister, sal word wat ek is, natuurlik net sonder hierdie boeie.”

30. Die koning het opgestaan en saam met hom ook die goewerneur en Bernice, met hulle gevolg.

31. Toe hulle uitgaan, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man het niks gedoen wat die dood of tronkstraf verdien nie.”

32. Agrippa sê toe vir Festus: “Hierdie man kon vrygelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26