Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 25:3-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. om hulle 'n guns te bewys en Paulus na Jerusalem toe te laat haal. Hulle het dit gevra omdat hulle hom op pad daarheen in 'n hinderlaag wou doodmaak.

4. Festus het egter geantwoord: “Paulus word in Sesarea aangehou, en ek is van plan om binnekort daarheen terug te gaan.

5. Julle bekwaamste manne kan dan saam met my gaan en hom aankla as hy iets verkeerds gedoen het.”

6. Hy het 'n dag of ag, hoogstens tien, daar deurgebring en toe na Sesarea toe teruggegaan. Die dag na sy aankoms daar het hy op die regbank gaan sit en beveel dat Paulus voor hom gebring moet word.

7. Toe Paulus binnekom, het die Jode wat van Jerusalem af gekom het, om hom gaan staan en hom van 'n hele klomp ernstige dinge beskuldig, wat hulle nie kon bewys nie.

8. Paulus het hom toe verdedig: “Ek het niks verkeerds teen die Joodse wet of die tempel of die keiser gedoen nie.”

9. Maar Festus wou die Jode 'n guns bewys en sê vir Paulus: “Sou jy bereid wees dat ek jou oor hierdie saak in Jerusalem gaan verhoor?”

10. Paulus antwoord hom: “Ek staan tereg voor die keiserlike regbank. Hier moet ek verhoor word. Ek het die Jode geen kwaad aangedoen nie. Dit weet u self baie goed.

11. As ek skuldig is en iets gedoen het wat die doodstraf verdien, is ek bereid om te sterwe. Maar as daar niks in hulle beskuldigings teen my steek nie, kan niemand my as guns aan hulle uitlewer nie. Ek beroep my op die keiser.”

12. Nadat Festus die saak met sy raadgewers bespreek het, het hy geantwoord: “Jy het jou op die keiser beroep; na die keiser toe sal jy gaan.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 25