Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 20:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Nadat die oproer bedaar het, het Paulus die gelowiges bymekaargeroep en hulle moed ingepraat. Daarna het hy hulle gegroet en Masedonië toe vertrek.

2. Op sy reis deur daardie gebiede het hy die gelowiges telkens met sy prediking bemoedig.Hy kom toe in Griekeland aan,

3. waar hy drie maande gebly het. Toe hy op vertrek gestaan het Sirië toe, het hy van 'n Joodse komplot teen hom te hore gekom en besluit om deur Masedonië terug te gaan.

4. Pirrus se seun Sopater van Berea het saam met Paulus gereis, en ook Aristargos en Sekundus, albei van Tessalonika, Gaius van Derbe, en Timoteus, asook Tigikus en Trofimus, albei van die provinsie Asië.

5. Hulle het vooruitgegaan en in Troas vir ons gewag.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 20