Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 19:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binneland gereis en in Efese gekom. Daar het hy 'n groepie gelowiges gekry

2. vir wie hy gevra het: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?”“Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie,” het hulle geantwoord.

3. “Watter soort doop het julle dan ontvang?” vra hy toe.“Die doop van Johannes,” antwoord hulle.

4. Daarop sê Paulus: “Johannes het die mense gedoop as hulle hulle bekeer het. Maar hy het vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat ná hom kom, dit is in Jesus.”

5. Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop.

6. Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het ongewone tale of klanke gebruik, en hulle het geprofeteer.

7. Hulle was altesaam omtrent twaalf.

8. Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 19