Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 17:30-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer,

31. want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”

32. Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag, maar party het gesê: “Ons sal jou weer hieroor wil hoor.”

33. So het Paulus van hulle af weggegaan.

34. 'n Paar mense het egter gelowig geword en by hom aangesluit. Onder hulle was daar Dionisius, 'n lid van die Areopagus, en 'n vrou met die naam Damaris en nog ander saam met hulle.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 17