Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 16:26-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Skielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak.

27. Die bewaarder het wakker geskrik, en toe hy die deure van die tronk sien oopstaan, het hy sy swaard uitgetrek om homself om die lewe te bring, want hy het gedink die gevangenes het ontsnap.

28. Maar Paulus het baie hard vir hom geskreeu: “Moenie jouself doodmaak nie! Ons is nog almal hier.”

29. Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval.

30. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?”

31. Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

32. Hulle het toe die woord van die Here aan hom en aan al die mense in sy huis verkondig.

33. Op daardie uur van die nag het hy vir Paulus en Silas geneem en hulle wonde gewas. Hy en al sy mense is daar en dan gedoop.

34. Toe bring hy hulle na sy huis toe en sit vir hulle 'n ete voor. Hy en sy hele huisgesin was vol blydskap omdat hulle nou in God geglo het.

35. Die volgende môre het die stadsbestuur polisie gestuur met die boodskap: “Laat daardie mense los.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 16