Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In dié tyd het koning Herodes party van die gemeentelede laat vang en hulle mishandel.

2. Hy het vir Jakobus die broer van Johannes met die swaard laat doodmaak.

3. Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan en ook vir Petrus gevange laat neem. Dit het tydens die fees van die ongesuurde brood gebeur.

4. Nadat Herodes vir Petrus laat vang het, het hy hom in die tronk gesit en hom deur vier afdelings van vier soldate elk laat bewaak. Herodes wou hom ná die paasfees voor die volk bring.

5. So is hy dan in die tronk bewaak, maar die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid.

6. Die nag voordat Herodes hom voor die volk sou bring, het Petrus tussen twee soldate geslaap. Hy was met twee kettings geboei, en voor die deur het wagte die tronk bewaak.

7. Meteens staan daar 'n engel van die Here en skyn daar 'n lig in die sel. Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sê vir hom: “Staan gou op.”Onmiddellik het die boeie van sy hande afgeval.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12