Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 6:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes.

8. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.

9. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

10. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

11. Van hier af skryf ek eiehandig aan julle. Kyk net die groot letters!

12. Daardie mense wat so daarop aandring dat julle julle ook moet laat besny, wil maar net uiterlik 'n goeie indruk maak, sodat hulle nie vervolg sou word ter wille van die kruis van Christus nie.

13. Al het hulle hulle laat besny, onderhou hulle self nie die wet van Moses nie, maar hulle wil net hê dat julle julle moet laat besny sodat hulle kan roem oor wat met julle liggaam gebeur het.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 6