Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 4:20-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Ek wens ek kon nou by julle wees en op 'n ander toon met julle praat. Ek is werklik besorg oor julle.

21. Julle wat so graag aan die wet van Moses onderworpe wil wees, sê vir my: Hoor julle nie wat die wet sê nie?

22. Daar staan tog geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een by 'n slavin en een by 'n vrygeborene.

23. Sy seun by die slavin is volgens die loop van die natuur verwek en gebore, maar sy seun by die vrygeborene kragtens 'n belofte van God.

24. 'n Mens moet dit figuurlik verstaan. Die twee vroue staan vir twee verbonde. Die een is by Sinaiberg gesluit en bring slawe voort. Dié verbond is Hagar.

25. Hagar staan vir Sinaiberg in Arabië, en dit is 'n beeld van die huidige Jerusalem, want Jerusalem en sy kinders is slawe.

26. Maar die hemelse Jerusalem is vry, en dit is ons moeder.

27. Daar staan immers geskrywe:“Verbly jou, onvrugbare wat nie kinders kon hê nie.Juig van vreugde,jy wat nooit moeder kon word nie,want die kinderlose vrou wat deur haar man verlaat is,sal meer kinders hê as die vrugbare wie se man by haar is.”

28. En julle, my broers, is net soos Isak kragtens die belofte kinders van God.

29. Destyds het die seun wat volgens die loop van die natuur gebore is, die seun vervolg wat deur die Gees in die wêreld gekom het. En dit is nou nog so.

30. Maar wat sê die Skrif hiervan? “Jaag die slavin en haar seun weg, want die seun van die slavin mag hoegenaamd nie saam met die seun van die vrygeborene erf nie.”

31. Ons is dus nie kinders van 'n slavin nie, broers; ons is kinders van die vrye.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 4