Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 1:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal,

5. omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie.

6. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

7. Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God my gee, sowel in my gevangenskap as in my verdediging van die evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan.

8. God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart.

9. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,

10. sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,

Lees volledige hoofstuk Filippense 1