Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:5-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. omdat ek hoor van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges bewys.

6. My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

7. Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy, broer, die harte van die gelowiges verkwik het.

8. Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys,

9. doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille van Christus Jesus.

10. Ek doen 'n beroep op jou in belang van my kind Onesimus. Hier in die gevangenis het ek sy geestelike vader geword.

11. Voorheen was hy vir jou nie bruikbaar nie, maar nou is hy baie bruikbaar sowel vir jou as vir my.

12. Ek stuur hom na jou toe terug, en my hart gaan saam met hom.

13. Wat my betref, ek sou hom graag by my wou hou, sodat hy my in jou plek kan dien terwyl ek ter wille van die evangelie 'n gevangene is.

14. Maar ek wou niks sonder jou instemming doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.

15. Miskien was hy 'n kort tydjie van jou af weg juis sodat jy hom vir altyd sou terugkry,

16. nou nie langer net as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf: as 'n geliefde broer. Dit is hy besonderlik vir my; hoeveel te meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die Here.

Lees volledige hoofstuk Filemon 1