Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:17-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Dus, as jy my as deelgenoot in die geloof beskou, ontvang hom net soos jy my sou ontvang.

18. As hy jou enige skade aangedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening.

19. Hier skryf ek, Paulus, met my eie hand: ?Ek sal betaal.?Ek hoef jou natuurlik nie daaraan te herinner dat wat jy is, jy aan my te danke het nie.

20. Ja, broer, in die Naam van die Here, bewys my hierdie guns. Maak my hart bly, soos 'n broer in Christus.

21. Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet ook dat jy selfs meer as dit sal doen.

22. Hou sommer ook vir my huisvesting gereed, want ek hoop dat God, in antwoord op julle gebede, my aan julle sal teruggee.

23. Epafras, wat saam met my ter wille van Christus Jesus 'n gevangene is, stuur vir jou groete;

24. ook my medewerkers Markus, Aristargos, Demas en Lukas stuur groete.

25. Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees!

Lees volledige hoofstuk Filemon 1