Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Paulus, 'n gevangene ter wille van Christus Jesus, en van ons broer Timoteus.Aan Filemon, ons vriend en medewerker,

2. en aan ons suster Affia en aan Argippus, ons medestryder, en aan die gemeente wat gereeld in jou huis bymekaarkom.

3. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

4. Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God

5. omdat ek hoor van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges bewys.

6. My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

7. Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy, broer, die harte van die gelowiges verkwik het.

8. Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys,

9. doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille van Christus Jesus.

10. Ek doen 'n beroep op jou in belang van my kind Onesimus. Hier in die gevangenis het ek sy geestelike vader geword.

Lees volledige hoofstuk Filemon 1