Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 5:19-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.

20. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.

21. Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.

22. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.

23. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk.

24. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.

25. Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

26. Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het,

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 5