Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 5:12-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Dit is 'n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen.

13. Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val.

14. En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied:“Word wakker, jy wat slaap,en staan op uit die dood;en Christus sal jou lewe verlig.”

15. Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.

16. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd.

17. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

18. Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,

19. en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.

20. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 5