Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 5:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.

2. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

3. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie.

4. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle.

5. Dít moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of 'n gierigaard is — want gierigheid is afgodery — het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.

6. Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.

7. Met sulke mense moet julle niks te doen hê nie.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 5