Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 5:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.

2. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

3. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie.

4. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle.

5. Dít moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of 'n gierigaard is — want gierigheid is afgodery — het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.

6. Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.

7. Met sulke mense moet julle niks te doen hê nie.

8. Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.

9. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.

10. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is,

11. en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.

12. Dit is 'n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen.

13. Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 5