Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 3:15-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het.

16. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word,

17. dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

18. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.

19. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 3