Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 1:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God.Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo.

2. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

3. Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

4. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.

5. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 1