Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 4:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe fakkels helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God.

6. Voor die troon was dit soos 'n spieëlgladde see, helder soos kristal.Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens, vol oë van voor en van agter.

7. Die eerste lewende wese het soos 'n leeu gelyk en die tweede soos 'n bul; die derde het 'n gesig soos dié van 'n mens gehad en die vierde het gelyk soos 'n arend wat vlieg.

8. Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê:“Heilig, heilig, heiligis die Here God, die Almagtige,Hy wat was en wat is en wat kom.”

9. Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,

10. kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê:

11. “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het;deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”

Lees volledige hoofstuk Die Openbaring 4