Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 4:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Sy voorkoms was soos opaal en karneool. Om die troon was daar 'n reënboog met die glans van smarag.

4. Reg rondom die troon was daar vier en twintig ander trone, en op die trone het daar vier en twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, en op hulle koppe was daar goue krone.

5. Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe fakkels helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God.

6. Voor die troon was dit soos 'n spieëlgladde see, helder soos kristal.Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens, vol oë van voor en van agter.

7. Die eerste lewende wese het soos 'n leeu gelyk en die tweede soos 'n bul; die derde het 'n gesig soos dié van 'n mens gehad en die vierde het gelyk soos 'n arend wat vlieg.

8. Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê:“Heilig, heilig, heiligis die Here God, die Almagtige,Hy wat was en wat is en wat kom.”

Lees volledige hoofstuk Die Openbaring 4