Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 22:13-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.

14. “Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.

15. Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieërs en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen.

16. “Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.”

17. Die Gees en die bruid sê: “Kom!”En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!”En elkeen wat dors het, moet kom;elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!

18. Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is;

19. en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.

20. Hy wat dit alles getuig, sê:“Ja, Ek kom gou!”Amen! Kom, Here Jesus!

Lees volledige hoofstuk Die Openbaring 22